Ons Kaapse Toer, 2023 (Deel 10): Die 5de Been - Robertson en omgewing
Woensdag 25 Januarie
Ons reis verder met die karavaan vanaf Piketberg oor Porterville, Tulbach, Wolseley, Worcester tot by Robertson.
Ons kamp vir 5 nagte by Silwerstrand Karavaanpark, weer met ons 'hobo-kamp' sonder 'n dak. Alhoewel hierdie kampplek deur vriende aanbeveel is, is dit ongelukkig een van min plekke wat ek NOOIT sal aanbeveel nie. Die feit dat hulle allerhande stories gehad het oor die warmwaterstelsels, ablusieblok wat nie beskikbaar was nie EN 2 aande se koue stort, was dit beslis nie 'n aangename ervaring nie. Die algemene toestand van die oord was ook nie (na my mening) nie op standaard nie. Ek het 'skoolgeld betaal', my les geleer...
Ons 'hobo-kamp' in Robertson. Dit was warm, maar ons het net laatmiddag of vroeg-aand elke dag teruggekeer om te kom slaap!
Ons oogmerk was om ook by ons jarelange vriende, Jan en Lydia te kuier. Alhoewel hul nuwe woning ons kon akkommodeer, verkies ons egter om onafhanklik in die karavaanpark te oornag. Dit gee ons ruimte om te kom en gaan soos en wanneer ons wil, of so het ons gedink! Jan is 'n Karoo-kind en met die tipiese gasvryheid eie aan ons Afrikanermense het hulle uit hul pad gegaan om ons te onthaal. Ek kon nie eers een aand in Robertson op my eie braaier braai nie! Ons samesyn was kosbaar en hul moeite om ons lekker te laat eet en te vermaak, was opmerklik! Ons het dit werklik waardeer en geniet!
We did daily excursions to the little towns in the area. We were in such a hurry to do some sightseeing that we didn't even visit one of the local wine cellars for a tour of the wine making process or taste the products on offer.
View of the Breede River at Silwerstrand Caravan Park; one of only a few positive memories of this resort.
As usual we were out and about to explore an discover the beauty of the area.
Agricultural activities along the Breede River in stark contrast to the typical Karroo vegetation in the foreground.
Wel, dit was 'n baie aangename kuier by ons vriende in hierdie droër deel van die Boland ten noorde van die DuToitskloof-tonnel.
Keep well - Mooi loop!
Comments
Post a Comment